Get Adobe Flash player

Die Voortrekker Monument Draf en Stap Klub is op 17 November 2006 met 17 lede gestig.

Die Klub is ‘n onafhanklike Klub en gebruik slegs die geriewe van die Voortrekker Monument.  Al ons lede is egter ook Vriende van die Voortrekker Monument, wat beteken dat ons 365 dae per jaar toegang tot die terrein het om die omgewing te geniet.

Ons Klub is gerig op die plesier van sport en ‘n gesonde lewenstyl. Die Voortrekker Monument Draf en Stap Klub is uniek in die sportwereld, en waarskynlik die enigste sportklub in die wereld wat sport en geskiedenis verweef.  Ons wedlope het almal ‘n aktiewe “lewende geskiedenis” verband. Ons beroem ons op kwaliteit eerder as kwantiteit, en glo dat dit wat ons doen uitnemend moet wees. Ons maak voorsiening vir beginners as ook geharde ultra atlete.

  • Ons beroem ons daarop dat ons lede lojaal is, en dat as hulle eers aangesluit en betrokke is, dit nie gebeur dat hulle ons verlaat nie.  Ons is waarskynlik die grootste  vriendekring in Pretoria.
  • Sluit aan by die Voortrekkermonument Atletiekklub
  • Sluit aan by die Voortrekker Monument Atletiekklub en:
  • Kry 'n AGN lisensienommer en word 'n geregistreerde atleet
  • Word 'n volwaardige "Vriend van die Monument" met volle toegang tot die Monument se fasiliteite; jy kan in 'n veilige omgewing kom stap, fietsry, hardloop of net piekniek hou, net wanneer jy wil
  • Elke ingeskrewe lid kan ook 'n tweede persoon saam bring met elke besoek
  • Tydtoetse in 'n verkeervrye en stil omgewing
  • Deel in die geskiedenis en kulturele erfenis
  • Word deel van die "Ou Voetpad Berg 10 Myler" en die "Springbok Vasbyt"; nuwe wedlope wat nog groot gaan word
  • Word deel van 'n wenklub; ons doen dit omdat ons kan
  • Klubfooie per kalender jaar. 
  • Nuwe lede:  R680.00.  Sluit in amptelike klub deelname hemp, Vriend van die Monument-fooi en AGN nommer.
  • Bestaande lede met ‘n hempie R450.00

'n Aansoekvorm kan hier afgelaai word.

OUR RACES


The mascot of a South African regiment is the only animal in military history to be accorded full funeral honours and to be buried in an Allied war cemetery. She was Nancy the famous Springbok mascot of the 4th South African Infantry Regiment (Transvaal Scottish,) who died of pneumonia at Hermenton, in Belgium, during the severe winter of 1919 during the First World War.


Sedert die vroegste jare van Pretoria was die Daspoortrand daar as ‘n natuurlike hindernis.  Die Berg het egter nooit kontak tussen die mense van die Moot en die Vallei waar die Stad se kern vandag is, gekeer nie.  As dit dan moes is daar by die Daspoort (waar die Capital Park laagwater brug is) by die Stad in, anders is daar sommer te voet oor die berg.  ‘n Hele aantal voetpaaie het op die manier ontstaan.


Die Muller Potgieter Gedenkwedloop is die eerste keer in 1969 aangebied en is sederdien ononderbroke 42 maal agtereenvolgens. Dit het nie net Pretoria (Noord Transvaal en later Atletiek Gauteng Noord) se langste ononderbroke aangebiede wedloop geword nie, maar ook ‘n belangrike mylpaal op die Suid Afrikaanse padwedloop kalender. Hierdie kort oorsig bied ‘n kort beskrywing oor die man wat onthou word

Copyright © 2014. All Rights Reserved. Tekkie Races - Voortrekker Monument Draf en Stap klub